Graad 11 Wiskunde Studiegids

Hoekom Leerders Verkies om Die Nuwe Oplossing as Wiskunde Studiegids te Gebruik

  • Die werk word verduidelik aan die hand van voorbeelde met stap-vir stap verduidelikings. Die leerder kan dus die werk wat in die klas behandel is op sy eie tuis hersien.
  • Elke afdeling word afsonderlik behandel sodat ’n leerder maklik kan voorberei vir ’n toets wat handel oor ’n spesifieke afdeling.
  • Alhoewel die werk baie volledig is, is dit kort en bondig saamgevat. Hersiening en voorbereiding vir toetse en eksamens kan dus vinnig en doeltreffend gedoen word.
  • Die meeste voorbeelde in die Graad 11 en 12 handleidings is soortgelyk aan die vrae wat gevra word in die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen.
  • Die Graad 10 en 11 Handleidings is noodsaaklike hersieningsmateriaal vir die Graad 12 leerder, veral gedurende die eindeksamen.
  • Vakadviseurs en onderwysers beveel die handleidings aan, terwyl universiteite dit vir die opleiding onderwysers en leerders gebruik.
  • ’n Goeie grondslag in Wiskunde is noodsaaklik en daarom word leerders aangemoedig om “Die Nuwe Oplossing” reeds vanaf Graad 8 te gebruik.

Vir voorbeelde van ons Graad 11 Studiegids, sien onder:

© Copyright - Wistan Uitgewers / Wistan Publishers